Matific se Akademiese Raad
Matific se kernsterkte lê in die pedagogiese beginsels wat deur ons Akademiese Raad ontwikkel is. Matific se Akademiese Raad bestaan uit wêreldkenners in wiskunde, rekenaarwetenskap, onderwys en kinderontwikkeling, insluitend vooraanstaande navorsers van Berkeley, Harvard, Stanford en die Einstein Instituut. Die rol van die Akademiese Raad is om te verseker dat die pedagogiese uitnemendheid van Matific se wiskunde-aktiwiteite in ooreenstemming is met die nuutste navorsing in onderwys en kinderontwikkeling.
Prof. Lyn English
Queensland Universiteit van Tegnologie
Lyn English is ’n professor in wiskunde-onderwys en die fakulteitsprofessor van STEM-onderwys aan die Queensland Universiteit van Tegnologoe, Australië. Haar navorsingsarea sluit in wiskundeleer, modellering en probleemoplossing; STEM-onderwys; ingenieursopleiding; en statistiese redenering.
Dr. Harouna Ba
SciPlay by New York Hall of Science (NYSCI)
Harouna Ba is die Direkteur van SciPlay by die New York Hall of Science (NYSCI). Dr. Ba het ekstensiewe ervaring in die navorsing oor die ontwikkeling van kinders se digitale geletterdheidsvaardighede en die impak van komplekse wetenskap-, tegnologie-, ingenieurswese- en wiskundeprogramme op formele sowel as informele opvoedkundige omgewings.
Prof. Dor Abrahamson
Universiteit van Kaliforinië, Berkeley
Dor Abrahamson (PhD, Leerwetenskappe, Northwestern University, 2004) is professor aan die Nagraadse Skool vir Opvoedkunde aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, waar hy aan die stuur van die Embodied Design Research Laboratory staan. Abrahamson is ’n ontwerpgebaseerde navorser wat fokus op pedagogiese tegnologie vir die onderrig en leer van Wiskunde.
Dr. Maria Droujkova
Natuurlike Wiskunde
Dr. Maria Droujkova fokus haar navorsing en ontwikkelingswerk op leergemeenskappe, informele onderwys, aanlynonderwys, gevorderde wiskunde vir jong kinders en spelontwerp. Sy het ’n Ph.D. in wiskunde-onderwys aan NCSU verwerf en M.S. in Wiskunde aan die Universiteit va Tulane.


