In hierdie studie, wat in agt Australiese laerskole uitgevoer is, is leerders se wiskundevaardigheid voor en ná die gebruik van Matific tuis en in die klaskamer, getoets. Leerders het gemiddeld 34% beter in toetse gevaar. Onderwysers het getuig dat leerders meer betrokke was by probleemoplossing en `n beter begrip van wiskundige beginsels getoon het. Die uitkoms van die studie, is dat Matific konseptuele begrip verbeter en `n positiewe uitwerking op leerders se resultate het.
Verbeterde Leeruitkomste vir Leerders
’n Verbetering van 34% in toetspunte binne na slegs een kwartaal
Drie maande se ekstra leer in een skooljaar
In ’n grootskaalse studie deur SEG Measurement, is byna 1 500 laerskoolleerders oor die verloop ’n akademiese jaar gemonitor. Die resultate was onbetwisbaar: leerders wat Matific gebruik het, het konsekwent beter gevaar as dié wat dit nie gebruik het nie. Hulle het vinniger gevorder, beter vaardighede ontwikkel en meer selfvertroue in wiskunde getoon.
Vir jonger leerders was die voordele selfs groter — dit het hulle ’n waardevolle voorsprong in die bemeestering van belangrike konsepte gegee. Die belangrikste bevinding was egter dat Matific ’n identiese impak op leerders met uiteenlopende agtergronde gehad het; ’n bewys dat Matific vir elke kind werk.
Groot Effekgroottes (0.33–0.76 SD) in Wiskundeprestasie
In Uruguay se nasionale High Touch High Tech (HTHT)-loodsprojek, het 'n onafhanklike studie waaraan meer as 2700 graad 5-leerders deelgeneem het, bevind dat leerders wat Matific gebruik baie beter in wiskunde vorder as leerders wat nie die program gebruik nie. Leerders wat Matific gebruik het, het veel meer as hul portuurgroep geleer — in slegs een skooljaar was dit die ekwivalent van verskeie maande se ekstra wiskunde-onderrig. Die leerders wat Matific die gereeldste gebruik het, se akademiese voorsprong was die grootste en hulle het dubbel so ver gevorder as leerders in tradisionele klaskamers.
Benewens beter toetsresultate, het leerders ook beter deursettingsvermoë, selfvertroue en onafhanklike leervaardighede ontwikkel. Onderwysers het gerapporteer dat leerders se aandag deur Matific geboei is en dat hulle houding teenoor wiskunde merkbaar verbeter het, wat die grondslag vir volgehoue sukses lê.
Jong leerders toon reeds beduidende vordering in slegs vier weke
Voorskoolse Studie in die VAE (2024)
’n Studie wat onder voorskoolse leerders in die Al Dhafra-streek van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) van stapel gestuur is, het bevind dat alle leerders beduidende verbetering in fundamentele wiskundevaardighede getoon het nadat hulle Matific vir slegs vier weke gebruik het. Hierdie vaardighede het tel, eenvoudige optelling en aftrekking, vorms, patrone, meting en probleemoplossing ingesluit. Seuns en meisies het ewe veel by die program baat gevind en geen verskil in prestasie is op grond van geslag gevind nie. Die vordering was statisties beduidend en die program is selfs onder baie jong leerders doeltreffend bewys.
Die wiskunde-druipsyfer het in een jaar met 87% verminder
Volgens ’n studie wat by die plaaslike Brasiliaanse skool, Escola Municipal Professor Lázaro Sagrado (Colorado, Brasilië), uitgevoer is, het die insluiting van Matific by weeklikse wiskundelesse tot ’n drastiese afname in die druipsyfer gelei. Voor Matific het 31,8% van leerders in Graad 2 tot 5 wiskunde gedruip, of op grond van spesiale vergunning geslaag. Nadat Matific vir een jaar gebruik is, het daardie syfer tot 4% gedaal — ’n 87%-vermindering van leerders wat nie aan die vereiste standaard voldoen het nie.
In vergelyking met ander plaaslike skole wat nie Matific gebruik het nie, was die verbetering opmerklik: terwyl baie skole min verandering of selfs hoër druipsyfers getoon het, het die resultate van al die grade by die skool wat Matific gebruik het, verbeter.
Bemagtig onderwysers en verbeter onderrig
In 'n omvattende Amerikaanse studie het 89% van onderwysers gesê dat hulle Matific sal aanbeveel
In die Amerikaanse SEG-studie het byna 9 uit 10 onderwysers aangedui dat hulle Matific sou aanbeveel, en 78% het beplan om dit die daaropvolgende jaar weer te gebruik — wat van ’n hoë vlak van tevredenheid en voortgesette toewydinggetuig.
Matific help onderwysers om wiskunde-onderrig meer effektief te maak
Uruguay se nasionale HTHT-evaluering van meer as 2 700 leerders toon dat klasse waar Matific doeltreffend ingespan is, 20% meer aktiwiteite voltooi en merkwaardige akademiese vordering getoon het. Die studie bevestig dat Matific deur navorsing gerugsteun word as ’n staatmaker-vennoot wat onderwysers helpom meer doeltreffend en met groter impak te onderrig.
77% van die onderwysers het gesê dat dit lesse meer verstaanbaar maak
'n Onafhanklike studie het gewys dat Matific onderwysers help om wiskundige konsepte simplisties aan te bied en lesse meer relevant te maak in terme van die leerders se verwysingsraamwerk. Meer as `n driekwart van onderwysers het getuig van ongekompliseerde voorstellings van wiskundige konsepte (77%), terwyl 82% gesê het dat die lesse meer relevant is. Onderwysers het ook bevind dat leerders meer betrokke is by lesse en ’n positiewe houding teenoor Wiskunde openbaar as hulle Matific gebruik.
Verbeter leerderbetrokkenheid en -selfvertroue
In Australië dra Matific tot uitstekende leerervarings en leerderbetrokkenheid by
’n Gevallestudie by 8 laerskole, wat ’n wye spektrum van sosio-ekonomiese agtergronde verteenwoordig, het getoon dat leerders wat Matific gebruik, merkwaardig gevorder het: hul toetspunte het gemiddeld met 34% verbeter. Onderwysers het ook gerapporteer dat Matific wiskunde meer opwindend gemaak het - leerders het die wiskunde as “pret” beskryf en het onteenseglik gevoel dat hulle leer terwyl hulle speel.
As dit by die bevordering van genotvolle leerervarings kom, is Matific as #1 in Suid-Afrika aangewys.
Na afloop van ’n nasionale implementering by 328 skole, het die Click Learning-program bevind dat 78% van leerders dit geniet het om met Matific te leer — dit was die beste gradering van die drie wiskundige hulpmiddels wat geëvalueer is. Onderwysers het Matific se speletjie-aanslag, onmiddellike terugvoer en beklemtoning van hoofrekene as die belangrikste dryfvere vir leerderbetrokkenheid geïdentifiseer.
95% van leerders het meer betrokke gevoel
Volgens die Szold-instituut was 95% van leerders in klaskamers waar Matific gebruik word, merkbaar meer betrokke by klasaktiwiteite. Onderwysers het ook ’n beduidende toename in nuuskierigheid (84%) en pret (98%) gerapporteer. Verder het opvoeders opgemerk dat Matific lesse makliker maak om te verstaan en dit suksesvol by leerders se verwysingsraamwerk laat aansluit.
Matific verbeter deelname en begip
In 'n projek wat by geselekteerde Fidjiaanse laerskole van stapel gestuur is, het Matific se speletjie-gebaseerde leerbenadering gelei tot `n toename in leerders se belangstelling in lesse en ’n beter begrip van moeilike wiskundige konsepte. Onderwysers het gevind dat die leerders toenemend deelneem in die klas en dat hulle houding teenoor Wiskunde verbeter het.
Leerders het getuig van verbeterde deursettingsvermoë en selfvertroue
Volgens die terugvoer van leerders in groepe wat Matific gereeld gebruik, het hulle deursettingsvermoë (GRIT-tellings) verbeter, kon hulle meer onafhanklik leer en het hulle gesindheid teenoor wiskunde verbeter. Onderwysers het opgemerk dat leerders meer bereidwillig was om uitdagings aan te pak en te volhard met probleme — noodsaaklike vaardighede vir langtermynsukses in wiskunde.
Pedagogiese ontwerp en kwaliteit
As “uitstaande” beskryf ten opsigte van pedagogiek, inhoud, en ontwerp
In terme van die EdTech Tulna-verwysingsraamwerk vir Graad 3 tot 5, word Matific as“Uitstekend” gegradeer in al drie hoofkategorieë – Inhoudskwaliteit, Onderwysbelyning, en Tegnologie en Ontwerp. Die gradering beklemtoon Matific se konstruktiewe pedagogiek en die vermoë om trapsgewys te leer met behulp van aanpasbare, spelgebaseerde onderrig.
